DBV-raad het groot kommer oor abattoirs in SA
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê die rooivleisbedryf en die departement van Landbou is steeds besluiteloos ten opsigte van die welsynsbekommernisse oor varke in Suid-Afrikaanse abattoirs. Die woordvoerder, Bryce Marock sê verskeie internasionale regeringskundige komitees het die gebruik van koolstofdioksiedgas as ‘n metode om te verdoof veroordeel, met verwysing na ernstige welsynsbekommernisse, insluitende langdurige verlies van bewussyn, versmoring en uiterste respiratoriese nood. Hy sê hulle eis onmiddellike optrede om die sistemiese mislukkings in abattoirs aan te pak.