Trump dreig Rusland met sanksies as hy nie onderhandel oor Oekraïne nie
Donald Trump het Rusland met belasting, tariewe en sanksies gedreig indien ‘n ooreenkoms om die oorlog in die Oekraïne te beëindig nie binnekort aangegaan word nie. Dit kom terwyl die nuwe Amerikaanse president probeer om druk op Moskou te verhoog om met Kiëf te onderhandel. Trump sê in ‘n plasing op Truth Social dat Rusland se ekonomie besig is om te misluk en moedig Russiese president Vladimir Putin aan om “nou te skik en die belaglike oorlog te stop”. Amerikaanse media het vandeesweek berig dat Trump sy spesiale gesant, Keith Kellogg, opdrag gegee het om die oorlog binne 100 dae te beëindig.