Uitspraak môre in Sheehama-moordbeskuldigdes se borgaansoek
Ses van die sewe beskuldigdes in die moord van Matheus Sheehama het in die Walvisbaaise landdroshof verskyn vir ‘n borgaansoek. Hulle is verlede jaar gearresteer na Sheehama se liggaam by Onafhanklikheidstrand uitgespoel het. Hy het op 27 Julie vermis geraak na hy by ‘n braai was saam met sy meisie, Jessica !Gaes. Volgens die polisie se ondersoekverslae het Sheehama haar geklap, waarna die beskuldigdes hom aangerand het. Sy liggaam is ‘n week later gevind en !Gaes, haar broer, ‘n voormalige kêrel en die ander beskuldigdes is gearresteer. Die beskuldigdes staan tereg op aanklagte van moord, regsverydeling en ontvoering. Uitspraak oor borgtog sal môre gelewer word.