SA Onder-19 vrouespan steeds onoorwonne by T20 Wêreldbeker

Krieket: Suid-Afrika se onder-19 Vrouespan is boaan hulle groep by die T20 Wêreldbeker in Maleisië nadat hulle Nigerië volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode met 41 lopies geklop het. Suid-Afrika het 49 vir twee aangeteken met Simoné Lourens se bydrae 25 lopies voor reën spel ontwrig het. Nigerië moes 66 in hulle agt boulbeurte aanteken maar kon slegs 24 vir agt bymekaar skraap. Speler van die Wedstryd, Seshnie Naidu, het twee paaltjies vir een lopie laat kantel en kaptein, Kayla Reyneke, het twee paaltjies vir 13 lopies geneem.