Amupanda, regsman kruis swaarde in hof oor rooilyn
Die rooilyn-saak van AR-aktivis Job Amupanda duur voort in die Windhoekse hoërhof. Die hofsaal was gespanne terwyl advokaat Raymond Heathcote, wat die respondente verteenwoordig, en Amupanda swaarde gekruis het oor die nalatenskap van die rooilyn. Met ‘n kaart wat agter Amupanda vertoon is, het Heathcote hom daarvan beskuldig dat hy die geskiedenis verpolitiseer. Amupanda het teruggekap en gesê: “Die rooi lyn is nie net geskiedenis nie; dit is ‘n hedendaagse werklikheid vir gemarginaliseerde Namibiërs. Om die implikasies daarvan te ignoreer, ontken die geleefde ervarings van ons mense.” Luister self.