Geen beurtkrag sal SA mynproduksie aanhelp

FNB se senior ekonoom, Thanda Sithole, sê hulle verwag dat die voortgesette opskorting van beurtkrag en die geleidelike bestendiging van logistieke stelsels, mynproduksie oor die nabye tot medium termyn sal ondersteun. Na drie agtereenvolgende maande van groei, het Suid-Afrika se minerale uitset in November verlede jaar verswak. Dit het op ʼn jaar tot jaar grondslag met 0,9-persent gedaal, hoofsaaklik weens die goudsektor. Sithole sê buiten goud het mynuitset oor die dieselfde tydperk met 0,7-persent gegroei.