Ruacana-vloei neem effe af
Vloei by Ruacana het effe afgeneem en is tans op 384,33 kubieke meter per sekonde teenoor Dinsdag se 465. Dit is steeds hoër as die 313,2 wat verlede jaar aangeteken is. Met reën in die opvangsgebied vertoon die Zambezi-rivier by Katima Mulilo effe beter op 0,63 meter maar dit is steeds laag teenoor die 1,39 verlede jaar. Die Okavango-rivier by Rundu is tans op 5,52 meter teenoor verlede jaar se 5,6 meter.