Anti-Semitiese aanval op Sydney-kindersorgsentrum
‘n Kindersorgsentrum in Sydney is aan die brand gesteek en anti-Semitiese graffiti is teen die muur gespuit. Hierdie is die jongste in ‘n vlaag aanvalle in Australië wat die Joodse gemeenskap teiken. Owerhede sê die sentrum, wat naby ‘n Joodse skool en sinagoge in die ooste van die stad geleë is, het reuse skade opgedoen, maar daar is geen berigte van beserings nie. Dit is die tweede anti-Semitiese aanval op eiendom binne vier-dae in Sydney, en volg te midde van ‘n vlaag soortgelyke misdade wat die Joodse gemeenskap teiken in Australië se digsbevolkte stad.