GRN teleurgesteld oor Trump se omkeer van Biden se Kuba-besluit
Amerikaanse president Donald Trump het Kuba weer op die Verenigde State se lys van state geplaas wat na bewering internasionale terrorisme borg. Dit kom net ‘n week na voormalige president Joe Biden Kuba van die lys verwyder het. Die Namibiese regering veroordeel die besluit en sê dit simboliseer nie werklik ‘n daad om teen internasionale terrorisme te veg nie. Dis eerder ‘n ongeregverdigde taktiek om die normalisering van diplomatieke betrekkinge tussen die twee buurlande te vertraag. Penda Naanda, die uitvoerende direkteur van die internasionale betrekkinge-ministerie, het meer.