Libiese generaal aangekeer vir oorlogsmisade in Turyn
’n Libiese generaal wat gesoek word vir beweerde oorlogsmisdade is in die Noord-Italiaanse stad Turyn in hegtenis geneem. Osama Najim, ook bekend as Almasri, is by ‘n hotel aangekeer ná ‘n wenk van Interpol. Die inhegtenisnemingsbevel is deur die internasionale strafhof uitgereik vir beweerde oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom, asook beweerde verkragting en moord. Najim was glo hoof van Libië se geregtelike polisie en direkteur van die Mitiga-gevangenis, wat deur menseregtegroepe veroordeel is vir die arbitrêre aanhouding, marteling en misbruik van politieke andersdenkendes, migrante en vlugtelinge.