Lesotho sal SA help met repatriasie van Stilfontein-liggame
Die regering van Lesotho het sy steun aan Suid-Afrika beloof met die repatriasie van die liggame van Basotho-burgers wat in die Stilfontein-myn in Noordwes vasgekeer was. Lesotho se binnelandse sake-minister, Lebona Lephema, het aan SABC News gesê hul ambassade wag op amptelike kommunikasie aangesien baie oorledenes onbekend is weens ‘n gebrek aan dokumentasie. Hy versoek die vinnige opsporing van Lesotho-vrystellingsdokumente om onwettige immigrasie te vermy.