Tien sterf in brand by Turkse ski-oord
Tien mense is dood en 32 beseer toe ‘n brand ‘n hotel die gewilde Kartalkaya-ski-oord in die noordweste van Turkye verswelg het. Die privaat uitsaaier NTV sê drie mense is dood nadat hulle by die hotel se vensters uitgespring het. Die oord is bo-op ‘n berg geleë, sowat 170 kilometer noordwes van die hoofstad, Ankara. Die brand, wat volgens berigte omstreeks middernag in die restaurant ontstaan het, het vinnig versprei. ‘n Deel daarvan het tot teen ‘n krans versprei, wat brandbestryders se taak bemoeilik het.