Vloei by Ruacana vertoon goed

Die Namibiese Hidrologiese Diens sê die Kunene-rivier vloei tans teen 465 kubieke meter per sekonde by Ruacana wat uiters goed vertoon teenoor verlede jaar se 262 wat aangeteken is. Dit behoort effe verligting te bied vir NamPower se kragopwekking. Die Zambezi-rivier by Katima Mulilo vertoon swak op 0,58 meter teenoor 2024 se 1,38. Die Okavango-rivier kan goed vergelyk met verlede jaar en by Rundu is die rivier op 5,55 meter teenoor verlede jaar se 5,5. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *