Mosambiek verloor N$12,3 miljard met onluste
Mosambiek se nuut aangestelde finansminister, Carla Louveira, sê die regering kan sy staatskuld herstruktureer nadat hy meer as 12,3 miljard Namibiese dollar in inkomste verloor het weens onrus ná die verkiesing. Louveira neem kennis van die voortdurende pogings om die ekonomie op te knap. Sy sê die betogings, veroorsaak deur die betwiste verkiesings op 9 Oktober, het die ekonomie aansienlik beïnvloed, met skuld wat tot by 96-persent van die Bruto Binnelandse Produk gestyg het en die ekonomiese groei wat verlede jaar tot 2,5-persent verlangsaam het.