Minimumloon ‘het 430 000 werke vernietig’

Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê die nasionale minimum loon het ‘n geraamde 430 000 werksgeleenthede vernietig sedert dit in 2019 ingestel is. Die organisasie versoek die Minimumloonkommissie om die loon met 25-persent te sny, wat hy glo tot ‘n half-miljoen werksgeleenthede kan terugbring. Woordvoerder Gabriel Crouse sê 39-persent van werkers verdien nou minder as die minimum loon en waarsku dat die voorgestelde verhoging werkloosheid sal vererger.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *