Nigel van Wyk hoor op 30 Januarie oor Fishrot aanklagte

Die saak waarin Nigel Van Wyk, ‘n beskuldigde in die Fishrot-korrupsiesaak, sekere aanklagte teen hom uitdaag, is in die Windhoekse Hoërhof deur regter David Munsu tot 30 Januarie uitgestel vir uitspraak. Van Wyk het vroeër versoek dat die hof agt van die strafregtelike aanklagte teen hom tersyde stel. Hy daag die aanklaer-generaal, Martha Imalwa, se besluit uit om hom van dié klagte aan te kla. Die aanklagte het betrekking tot die beweerde oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad en sluit in geldwassery, rampokkery, bedrog en diefstal. Van Wyk is uit op borg na hy vier jaar in aanhouding was.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *