Land sukkel met toenemende hitte, maar niemand knip ‘n oog
Die Meteorologiese Diens het bevestig dat Desember verlede jaar die warmste maand sedert 1991 was, met gereelde hittegolwe. Keetmanshoop het ‘n nuwe rekord maksimum temperatuur van 42,9 grade Celsius aangeteken, en by Gobabis staan die nuwe rekord op 40,4 grade. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar van die plaaslike ekoloog Peter Cunningham gekry, wat sê dit hou niks goed vir Namibië in nie, maar niemand steur hulle daaraan nie.