China stel man tereg na moordtog in motor
China het ‘n man tereggestel wat in November 35 mense in ‘n moordtog met ʼn motor doodgery het in die suidelike stad Zhuhai. Dit is die dodelikste massa-aanval in die land in jare. Die 62-jarige Fan Weiqiu het doelbewus met ‘n klein sportnutsvoertuig deur ‘n groep mense gery wat buite ‘n sportkompleks geoefen het, en ook 45 beseer in China se ergste misdaad sedert 2014. Hy is verlede maand ter dood veroordeel. Die hof het bevind die motief was verwerplik en die misdaad self uiters boosaardig.