Onthou jy nog die groep No Doubt?

 Treffers soos “Just A Girl, Don’t Speak, It’s My Life en vele meer.

Hulle het by die sterbelaaide lys van kunstenaars aangesluit vir die komende FireAid Relief-konsert vir die slagoffers van die Los Angeles-brande.

Gwen Stefani sal met die res van die lede van No Doubt by die program op Donderdag 30 Januarie herenig.

Die reünie kom as ‘n verrassing vir aanhangers, aangesien daar aanvanklik berig is dat net Gwen Stefani by die konsert sou optree. Ander sterre wat na verwagting gaan optree sluit Lady Gaga, Billie Eilish, Red Hot Chili Peppers, Green Day, Jelly Roll, Gracie Abrams, Dave Matthews, John Mayer en Katy Perry in.

Toe die groep in 2003 ontbind het, het Stefani, nou 55, ‘n suksesvolle loopbaan as solo-kunstenaar gevolg. Hulle het in 2008 weer bymekaargekom voordat hulle in 2015 vir ‘n tweede keer uit mekaar gegaan het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *