SA-owerhede ondersoek afpersing deur sekerheidsverskaffers
Die Reguleerder van die Privaat Sekerheidsbedryf het ondersoeke van stapel gestuur na bewerings dat sommige sekerheidsverskaffers hulle skuldig maak aan misdaad. Die woordvoerder Azwifaneli Tshisikamulilo sê twee voorvalle is aangemeld in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal van sekerheidsverskaffers wat betrokke is by afpersing. Ander maatskappye is glo landwyd ook skuldig. Hy sê PSIRA is besig met voldoeningsoudits op alle sekerheidsdiensverskaffers wat betrek word: