McKenzie open bod-dokumente vir Formule Een
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur Gayton McKenzie het die vrystelling aangekondig van die versoek-dokument aan belangstellende partye wat wil deelneem aan Suid-Afrika se bod om die Formule Een Grand Prix in 2026/2027 en daarna aan te bied. Die woordvoerder van die ministerie, Stacey-Lee Khojane, sê die bodbestuurskomitee, wat in Desember verlede jaar deur McKenzie aangestel is, moet Suid-Afrika se F1-bodproses bestuur en rig: