Navalny se prokureurs tot tronkstraf gevonnis

Drie prokureurs vir die ontslape opposisieleier Alexei Navalny is deur ‘n Russiese hof daaraan skuldig bevind dat hulle aan ‘n ekstremistiese groep behoort en tot tussen drie en vyf jaar in ‘n strafkolonie gevonnis. Igor Sergunin, Alexei Liptser en Vadim Kobzev is in Oktober 2023 gearresteer. Menseregte-aktiviste sê die vervolging van prokureurs wat mense verdedig wat hulle teen die owerhede en die oorlog in die Oekraïne uitspreek is bewys van die onderdrukking onder president Vladimir Putin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *