Bibi se kabinet aanvaar skietstilstand
Israel se kabinet het ‘n ooreenkoms met Hamas vir ‘n skietstilstand goedgekeur, ‘n dag voor die ooreenkoms se geskeduleerde begin. Vandag, in die vroeë oggendure, nadat hulle vir meer as ses uur vergader het, het die regering die ooreenkoms bekragtig wat die weg kan baan vir ’n einde aan die oorlog en die vrylating van gyselaars. In Gaza self het Israeliese oorlogsvliegtuie aanvalle uitgevoer sedert die skietstilstand-ooreenkoms ooreengekom is.