Biden versag vonnisse van 2 500 dwelmootreders
President Joe Biden het die vonnisse van bykans 2 500 mense wat skuldig bevind is aan nie-gewelddadige dwelmoortredings, versag. Die Withuis beskryf dit as die grootste versagting op ‘n enkele dag in die Amerikaanse geskiedenis. Volgens Biden het die mense buitensporige lang vonnisse uitgedien in vergelyking met wat hulle vandag sou kry. Hy het verlede maand bykans 1 500 vonnisse versag en nog 39 begenadig. Onder diegene wat begenadig is, was sy seun, Hunter, wat moontlike tronkstraf sou uitdien nadat hy skuldig bevind is aan wapen- en belastingoortredings.