Meatco se spesiale ledevergadering in Februarie
Die Lewendehawe Produsente-organisasie het in die lig van Meatco se twee mislukte pogings verlede jaar om ‘n algemene jaarvergadering te hou, gevra vir ‘n Meatco-ledevergadering. Die LPO-voorsitter Jako van Wyk het hulle bekommernis so verwoord.
Meatco het nou aangekondig dat die spesiale ledevergadering Dinsdag, 11 Februarie om nege gehou sal word. Die plek is nog nie bekend nie.