VSA stel sanksies in teen Soedan se weermaghoof
Amerika het sanksies ingestel teen die hoof van die leër van Soedan, Abdel Fattah al-Burhan, en hom beskuldig van die destabilisering van die land en die ondermyning van die doelwit van ‘n demokratiese oorgang. Die Tesourie-departement sê onder al-Burhan se leierskap het die Soedanese Gewapende Magte dodelike aanvalle uitgevoer op burgerlikes, met skole en hospitale as teikens. Hy voeg by die leër is verantwoordelik vir die opsetlike weerhouding van humanitêre toegang, en gebruik voedingsonthouding as ‘n oorlogstaktiek. Duisende mense is dood in die oorlog en dit het die land in ‘n ernstige humanitêre krisis gedompel.