Christo Bessinger verskyn na herrie by lughawe

Die 66-jarige Christo Bessinger het in die hof verskyn op klagte ingevolge die Wet op Burgerlugvaart 6 van 2016. Dit kom na hy volgens die Namibiese polisie Dinsdagmiddag op ‘n vlug was wat sou vertrek by Hosea Kutako Internasionale Lughawe, en blykbaar gesê het, “Daar kan ‘n bom op die vliegtuig wees, vir al wat ons weet”. Landdros Nanghali Rosalia Aihuki het hom borg van 5 000 Namibiese dollar toegestaan en die saak na 11 Maart uitgestel. Hy sal dan in die Windhoek-laerhof verskyn. Hy word deur Evert Gous verteenwoordig.  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *