Rwanda ontdek olie in Kivu-meer

Rwanda sê hy het die eerste keer olie ontdek met ʼn bevestigde 13 reservoirs in die Kivu-meer, wat deel uitmaak van sy grens met die Demokratiese Republiek die Kongo. Die uitvoerende hoof van die Rwandese raad vir myne, petroleum en gas, Francis Kamanzi, sê 13 verkennende boorgate bevestig daar is olie. Hy is oortuig hulle sal nog vind, gegewe die aansienlike reserwes wat deur die buurlande Uganda en die DRK oorkant die Groot Mere-streek ontdek is. Rwanda doen al meer as ‘n dekade toetse en eksplorasie-boorwerk in die Kivu-meer. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *