BOSA sê Cyril moes nie Chapo se inhuliging bygewoon het nie
Build One South Africa sê president Cyril Ramaphosa se bywoning van die inhuldiging van Mosambiek se verkose president, Daniel Chapo dra ‘n gevaarlike boodskap oor rakende Suid-Afrika se standpunt oor demokrasie. Die party voer aan die Mosambiekse verkiesing is geteister deur geweld en ongerymdhede, insluitend sluipmoordpogings op opposisieleiers, wat hul geloofwaardigheid ondermyn. BOSA-woordvoerder, Roger Solomons waarsku hierdie optrede hou die gevaar in om die SAOG-streek te destabiliseer en demokratiese waardes te verbrokkel: