Brandstofprys sal waarskynlik in Februarie styg
Suid-Afrikaanse motoriste staar ‘n vierde agtereenvolgende maand van brandstofprysstygings in Februarie in die gesig. Ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds dui op skerp stygings weens hoër internasionale oliepryse en ‘n swakker rand. Die verwagte stygings sluit in 75 sent per liter vir 95 loodvrye petrol, 81 sent vir 93 loodvry, 90 sent vir 0,05 persent diesel en 88 sent vir 0,005 persent diesel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tannan Groenewald, hoof van data en analise by Cirrus, wat sê Namibië kan ook stygings in Februarie verwag, maar dinge kan verander. Hy verduidelik.