Man wat dreig oor bom op vliegtuig, verskyn môre in Katutura-laerhof

Die bomdreigement wat Dinsdagmiddag die Hosea Kutako Internasionale Lughawe gesluit het, sal ‘n nadraai in die hof hê. Die Namibiese polisie sê die 66-jarige man, wat ‘n passasier was op ‘n vlug wat sou vertrek, en wat blykbaar gesê het “Daar kan ‘n bom op die vliegtuig wees, vir al wat ons weet” is ingevolge die  Wet op Burgerlugvaart 6 van 2016, aangekla en gearresteer. Hy sal môre in die Katutura-landdroshof verskyn. Indien hy skuldig bevind word kan hy ‘n boete van 50 000 Namibiese dollar ontvang of twee jaar tronkstraf opgelê word. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *