Alle studente kan nou aansoek doen vir Nsfaf-beurs
Die Namibiese Studente Hulpfonds, Nsfaf, het die aansoekproses vir 2025 Dinsdag van stapel gestuur. Die fonds het 3 miljard Namibiese dollar opsy gesit vir alle studente om aansoek te doen vir lenings. Die fonds doen weg met sy pro-arm benadering. Aansoeke sal op 31 Maart sluit en die fonds het beklemtoon dat daar geen verlengings sal wees nie. Kennedy Kandume, Nsfaf se uitvoerende hoof, het by die bekendstelling die 2024 se statistieke gegee. Meer as 22 000 applikante se aansoeke was suksesvol.