Julius sê EFF se swak vertoning is MK se skuld
Die EFF-leier Julius Malema sê die stigting van oudpresident Jacob Zuma se MK-party moet die skuld kry vir die EFF se swak vertoning in verlede jaar se algemene verkiesing. Die party se nasionale steun het afgeneem van 10,5-persent in 2019 tot 9,5-persent in die Mei-verkiesing. Die MK-party het die EFF boonop verbygesteek as die land se derde grootste party. Malema het aan eNCA gesê EFF-ondersteuners is mislei, veral in KwaZulu-Natal: