Klaar met skool? Dis nie maanskyn en rose nie…
Die land se meer as 40 000 gewone vlak en amper 10 000 gevorderde vlak leerders het hulle uitslae gekry, en daar was ‘n geringe verbetering in die slaagsyfer en die aantal wat kan gaan studeer. Dit beteken egter nie hul toekoms is nou verseker nie, om ‘n verskeidenheid redes wat plaaslik van toepassing is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die arbeidskenner Herbert Jauch, wat sê die leerders het baie struikelblokke om te oorkom.