Maak so om jou kinders aanlyn veilig te hou
NamPol het ‘n ontstellende toename in die uitbuiting van kinders deur prostitusie en die kommerwekkende sirkulasie van verwante inhoud op sosiale media waargeneem. Die mag doen ‘n beroep op ouers, opvoeders en voogde om te weet wat kinders doen, hulle op te voed oor die gevare van onsedelike praktyke en oop kommunikasie aan te moedig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Vanessa Maresch, die besigheidsontwikkelingsbestuurder by Salt Essentials IT. Salt Essentials bestuur die inligtingsministerie se kletsbot genaamd isecure.na, waar die publiek inligting oor aanlynveiligheid kan kry. Maresch gee wenke aan ouers om hul kinders aanlyn veilig te hou.