AR kap mediahuis oor ‘wanvoorstelling’ van sy LP’s
Die Affirmative Repositioning-beweging het ‘n artikel wat deur ‘n plaaslike mediahuis gepubliseer is veroordeel, en sê dit is ‘n wanvoorstelling van hul parlementslede se verbintenis om Namibië te dien. AR verklaar dat die artikel verkeerdelik beweer hul LP’s is nie bereid om uit hul professionele rolle te bedank om parlementêre setels op te neem nie. Die beweging sê sy verkose parlmenentslede is ten volle daartoe verbind om die mense van Namibië te dien, en enige teenstrydige voorstelling is onakkuraat. AR het verder die media, insluitend die mediahuis, aangemoedig om akkuraatheid en regverdigheid in beriggewing te handhaaf, aangesien misleidende stories individue en die demokratiese proses kan ondermyn. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met AR se woordvoerder, George Kambala.