Dakar: Sneltrajek 7 was chaos
Lucas Moraes het sneltrajek 7 vir die Toyota Gazoo Racing-renspan gewen, maar Henk Lategan en Brett Cummings se algehele voorsprong, het tot slegs 21 sekondes gekrimp, deur geen fout van hul eie nie. Hulle het ‘n baie uitdagende kontrolepunt aan die begin van die sneltrajek gevind, wat hulle ‘n duidelike voorsprong oor hul mededingers gegee het. Ongelukkig het die organiseerders besluit om die gedeelte van die roete waar hierdie kontrolepunt was te skrap, as gevolg van ‘n fout in die roetekaart, wat Lategan en Cumming se voorsprong uitgewis het.