Honderde in Noorde gestrand

Oudergewoonte is daar honderde vakansiegangers wat gestrand is in die Noorde met piek verkeer wat Sondag ervaar is. Plaaslike media berig dat langafstand taxi-operateurs die situasie uitbuit met uiters hoë tariewe, tot 450 Namibiese dollar per rit, in plaas van die gebruiklike 300 dollar. Daar was ook talle berigte van oorlading en video’s op sosiale media wys ook hoe polisie minibusse aftrek wat oorlaai is. Verskeie van die voertuie is by die Otjiwarongo padblokkade op die B1-pad afgetrek. Iveco-busse het gewoonlik sitplek vir 26 passasiers, maar een van die voertuie het 52 passasiers gedra. ‘n Ander het 40 passasiers gehad. Verskeie sewe-sitplek taxi’s het meer as 9 passasiers gehad, en in een geval was daar 14 passasiers aan boord. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *