Giniel de Villiers uit Dakar 2025, Lategan steeds voor
In motorsport is die slegte nuus vanaf Dakar 2025 dat Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, uit die tydren is. Von Zitzewitz het erge nekpyn tydens die sesde skof ervaar en die mediese span het beslis dis te riskant vir hom om voort te gaan. Dit was De Villiers se 22ste en laaste agtereenvolgende Dakar-tydren. Toyota Gazoo Racing se Henk Lategan en navigator Brett Cummings het die algehele voorsprong behou in die sesde skof. Dit is ten spyte daarvan dat hulle 3 minute, 1 sekonde afgestaan het aan Yazeed Al Rajhi en Timo Gottschalk, wat in die tweede plek is in hul privaat ingeskrewe Toyota Hilux. Lategan is aan die woord.