Djokovic sê hy geniet sy vennootskap met Murray

Tennis: Die vier-en-twintigmalige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic sê Andy Murray het ‘n unieke perspektief op sy spel, omdat hulle vir meer as 20 jaar teenstanders was. Murray sal Maandag vir die eerste keer in ‘n amptelike wedstryd by die Australiese Ope in Djokovic se afrigtersboks sit wanneer die tienmalige Australiese Ope kampioen die 19-jarige Amerikaner Nishesh Basavareddy in sy openingswedstryd ontmoet. Djokovic sê Murray ken die evolusie van sy spel, insluitend sy swakpunte en sterk punte.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *