Cyril vra vir industrialisasie om werkloosheid te takel
ANC-president Cyril Ramaphosa sê daar is ‘n dringende behoefte aan transformasie en die bou van ‘n inklusiewe ekonomie wat sal lei tot meer industrialisie, innovering en werkskepping. Hy het Vrydagaand in Kaapstad gepraat tydens ‘n gala-dinee ter viering van die party se 113de bestaansjaar. Ramaphosa het ook ‘n beroep op die private sektor gedoen om tegniese en beroepsopleiding met werksgeleenthede te belyn, inklusiewe groei te bevorder en armoede te verminder.