Transnet gaan 23 nuwe lokomotiewe koop, 7 oues herbou
TransNamib gaan N$1,7 miljard belê om 23 nuwe lokomotiewe aan te koop, as deel van ’n groot vlootopgradering wat daarop gemik is om die land se spoorvervoervermoëns ’n hupstoot te gee. Die maatskappy gaan ook N$311 miljoen bestee om sewe bestaande lokomotiewe te herbou, ‘n proses wat die aftakeling en opknapping van elkeen behels om sy operasionele lewensduur met nog 20 jaar te verleng. Dit kom na die maatskappy in Junie finansiering van die Ontwikkelingsbank van Namibië (N$500 miljoen) en die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (N$2,1 miljard) verkry het. Volgens Desmond van Jaarsveld, uitvoerende hoof van TransNamib, sal die belegging van N$2,6 miljard aan die maatskappy se rollende voorraad toegewys word.