Raducana weier insekbyt-behandeling oor dwelmtoetse

Tennis: Emma Raducanu het bekendgemaak sy weier om ‘n antiseptiese spuitmiddel teen insekbyte te gebruik uit vrees dat sy voor die Australiese Ope ʼn dwelmtoets sou druip. Die 22-jarige Britse tennisster sê haar hand en enkel is geswel, maar sy weier behandeling ingeval besmetting ‘n positiewe opkikkertoets kan oplewer. Raducanu het voor die toernooi gesê spelers is almal skrikkerig oor wat hulle inneem en die moontlike uitwerking wat dit op ʼn dwelmtoets kan hê. Sy dink wel sy gaan ʼn gevaarlike teenstander vir enigiemand by die toernooi wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *