Dodetal in LA brande styg tot tien
Die dodetal in die vyf brande in Los Angeles het nou tot tien gestyg terwyl weervoorspellers waarsku dat sterk winde die vlamme verder kan aandryf. Tienduisende strukture is in die grootste brand ooit in die Palisades-kusgebied vernietig en dit is slegs ses-persent onder beheer. Die Los Angeles-polisiedepartement sê intussen ‘n man is aangekeer vir vermoedelik brandstigting na hy na bewering probeer het om ‘n brand in die Woodlands Hills-gebied te stig.