Whk-huishoudings ontevrede met hevestigingsgebied
Inwoners van Windhoek wat hul huise en besittings in die naweek se kitsvloede verloor het, is volgens die NBC ontevrede met hul aangewese hervestigingsgebied. Hulle sê dat skole en ander geriewe te ver weg is. Die Stad Windhoek het die hervestigingsgebied agter die Goreangab-woongebied voorberei. Die kantoor van die Eerste Minister het 50 tente verskaf, maar daar is nog nie ablusiegeriewe of water nie. Die Stad beplan ook om ‘n kliniek, skole en polisiestasie op te rig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die maatskaplike aktivis en Swapo-lid Dimbulukeni Nauyoma, wat die situasie op die grond uiteensit.