Bibi wil 80ste herdenking van Auschwitz bywoon maar, daar’s ‘n lasbrief…

Die president van Pole, Andrzej Duda, versoek die regering om nie die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, in hegtenis te neem nie indien hy later die maand die herdenking van die bevryding van Auschwitz bywoon. Die Internasionale Strafhof het in November ‘n lasbrief vir Netanyahu se arrestasie uitgereik oor die Gaza-oorlog, tot groot verontwaardiging van Israel en sy bondgenote. Pole is ʼn ondertekenaar van die Strafhof en gevolglik moet hy Netanyahu in hegtenis neem indien hy die seremonie bywoon, 80 jaar nadat die Russiese weermag Auschwitz-Birkenau, die doodskamp van Nazi-Duitsland, ontset het. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *