‘Alle leerders in Kavango Oos moet plek gegee word’
Christine Shililima, die direkteur van onderwys in Kavango Oos, het ‘n beroep op skole in die streek gedoen om te verseker dat alle leerlinge toegelaat word om te registreer, ongeag finansiële uitdagings. Sy het met skoolhoofde, kringinspekteurs en skoolrade in Rundu gepraat, voor die 2025-skooljaar Maandag begin. Shililima beklemtoon dat elke Namibiese kind die konstitusionele reg tot onderwys het.