Amushelelo hou weer optog op 21 Maart
Michael Amushelelo, die politieke aktivis en lid van die Namibia Economic Freedom Fighters, het aangekondig dat hy beplan om weer ‘n jeugwerkloosheidsoptog op 21 Maart tydens onafhanklikheidsvieringe aan te bied. Verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal ook op daardie datum as president ingehuldig word. In 2023 het die betoging daartoe gelei dat hy saam met die nou Swapo-politikus, Dimbulukeni Nauyoma, in hegtenis geneem is en maande lank aangehou is. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gesels, wat volhou dat die feesvieringe ‘n vermorsing van staatsgeld is.