Fabriekswerkers in Walvisbaai word siek van ammoniakgas

Verskeie werkers by die Merlus Cormorant-fabriek in Walvisbaai het vroeër vandag flou geval terwyl ander naar geword het na hulle ammoniakgas ingeasem het. Werkers het die perseel ontruim en geweier om verder te werk terwyl daar na die bron van die gas gesoek is. Volgens die Namib Times het Stanley Nick Katzao, voorsitter van Merlus Management, bevestig dat die gas afkomstig is van ‘n Russiese krapvang-boot wat langs die fabriek vasgemeer was en wat ‘n ernstige ammoniak-lek ondervind het. Die wind het die ammoniakgas na die fabriek gewaai. Die polisie is tans op die toneel. Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *