Zuma soek sy ANC-lidmaatskap terug
Die voormalige president Jacob Zuma se prokureurs het ‘n eisbrief geskryf aan die ANC, wat die herinstelling van sy lidmaatskap teen 31 Januarie vra. In November verlede jaar het die party se nasionale dissiplinêre appèlkomitee die besluit van die nasionale dissiplinêre komitee bevestig om Zuma uit te skop. Hy is geskors omdat hy die party se reputasie geskend het deur ‘n mededingende party, MK, te stig en te lei. Die Jacob Zuma-stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, sê hulle het prosedurele en wesenlike bekommernisse oor die ANC se prosesse.